Die Sendeling

‘n Sendeling sterf en die politiek van die sewentiger jare maak sy begrafnis ‘n twispunt.

Wie is welkom in wie se kerk en wie word die deur belet?

Die stuk is ‘n terugblik op ‘n tyd wat gelukkig tot die verlede behoort, maar ook ‘n besinning oor dood en die gemeenskap van gelowiges.

Pragtige Halleluja-liedere uit ‘n vervloë tyd is integraal deel van die stuk.

Na die kortverhaal “Die dood van ‘n sendeling” deur Elsa Joubert. Vir die verhoog verwerk deur Saartjie Botha.

Met Lida Botha, Zane Meas en Denise Newman.

Regie: Jaco Bouwer Brink Scholtz
Musikale regie: Niel Rademan

11 & 12 Maart | Oude Libertas Amfiteater | Stellenbosch

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply