’n Ware maar onbekende verhaal van die weduwee Clicquot wat die eerste egte, suiwer sjampanje ter wêreld gemaak het. Deesdae is Veuve (Frans vir weduwee) ’n vooraanstaande sjampanje wêreldwyd.
’n Verrassende, unieke, aweregse en vermaaklike verhaal van oorlewing en innovasie ondanks bykans onmenslike teëspoed. Die weduwee se sjampanje is ’n magiese viering van die krag wat in ons almal skuil.
Afrikaans met enkele Frans l Geen o.14 l 70 min. l R145, R160 (by die deur)
KKNK 2020
MET Lizz Meiring en Michelle Botha
TEKS Lizz Meiring
REGIE Louise Scott-Pommery
MUSIEK Michelle Botha (klankbaan deur Coenraad Rall)
VERHOOGBESTUURDER Jak J. Brits
VERVAARDIGER Artist Warehouse

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
