Doubt: A Parable

Doubt: A Parable
Doubt: A Parable
Van Suid-Afrika se voorste akteurs is tans in Sandton op die verhoog in John Patrick Stanley se verhoogstuk Doubt: A Parable: Fiona Ramsay, Janna Ramos-Violante, Mwenya Kabwe en James MacEwan. Teatermaker James Cuningham behartig die regie.

Die stuk speel af in 1964 by die St Nicholas Kerkskool in die Bronx in New York. Die kwaai Suster Aloysius Beauvier glo die priester het iets onwelvoegliks gedoen met een van die 12-jarige seuns – die skool se enigste Afro-Amerikaanse leerder. Sy betrek die naïewe Suster James om haar te help om die charismatiese Vader Flynn dop te hou.

Die stuk het al verskeie internasionale pryse ingepalm, onder andere die Pulitzer-prys vir drama.

Doubt: A Parable is by die Theatre on the Square in Sandton tot 15 Augustus. Kaartjies kan bespreek word by 011 883 8606, via Strictly Tickets by 082 553 5901 of aanlyn by www.ticket.co.za.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar