KAAPSTAD – Hou julle nekke koud maar julle krae hoog: Die Kaapse Stadsballet het besluit dis tyd dat Dracula sy plek inneem tussen die pliés en pirouettes.

Geïnspireer deur Bram Stoker se ikoniese roman (die een met die bloed, die begeerte en die ernstige tekort aan vitamien D), beloof hierdie Suid-Afrikaanse première van David Nixon CBE ’n mengsel van gevaar, verleiding en dramatiese kyk-vir-my-ek-ly passies. Dis Dracula soos jy hom ken — net met stewiger kuitspiere.

Verwag spookagtige vampier-dames wat meer as net harte steel, musiek wat soos ’n donker wolk oor die verhoog hang, en ’n voortdurende gestoei tussen goed en kwaad. Hier word die tydlose verhaal van obsessie en onsterflikheid aangebied as ’n visuele fees — vol rook, rooi lig en dramatiese draaie wat selfs die mees stoïsynse* teaterganger effens sal laat sug (van bewondering, natuurlik).

Wanneer: 13–29 Maart
Waar: Artscape Teater Sentrum, Kaapstad
Kaartjies: R200–R450 (’n klein prys om jou nek simbolies aan te bied)

* stoïsynse onverstoorbaar, gelykmoedig, gelate

dracula ballet
Dracula ballet – Kaapse Stadsballet

Lewer kommentaar

Leave a Reply