Drie gesoute reisigers op die agterpaaie, ompaaie en kortpaaie van die lewe – Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundling – deel herinneringe deur voorlesings, gedigte, staaltjies, stories en musiek, wat ’n paar verrassende Koos-liedjies insluit. Die produksie het ’n sterk reistema en is gestruktureer rondom verskeie onderwerpe, maar daar is meer as genoeg ruimte vir spontane oomblikke en nuwe insigte.

Koos, Dana en Erns is bekend by lesers, kykers en feesgangers vir hulle humor, deernisvolle blik en fyn waarnemings. Hulle het baie meer ooreenkomste as die feit dat hulle al drie kaalkoppe is!

Drie Kaalkoppe kuier tesame se doel is om te vermaak, te inspireer en vir teatergangers hoop te gee vir al die reise – in persoon en na binne – wat vir almal voorlê in hierdie geliefde maar ook geknelde land.

Erns Grundling, Koos Kombuis en Dana Snyman
Erns Grundling, Koos Kombuis en Dana Snyman. Foto: Nardus Engelbrecht

30 Junie en 1 Julie 2022 by DIe Boer in Durbanville

Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply