Dubbel en Dwars

Uit die komediepen van Deon Opperman, wat saam met Lizz Meiring die komedietreffers Die Skandaal en Die Skandaal II: dubbeldosis geskep het, kry Pretoria nou die nuutste treffer Dubbel en Dwars met Lizz Meiring in die hoofrol. Die res van die geselskap sluit in akteurs soos Justin Strydom, Meren Reddy, Diaan Lawrenson, Makgano Mamabolo en Quincey Myeza.

Wat gebeur wanneer ´n wit man – laaste in die tou van voordele in die nuwe Suid-Afrika – ´n tender wil wen om die President se nuwe persoonlike lughawe te bou? Oplossing: hy teken die tender met ´n swart naam, Bothatini Dis alles goed en wel, totdat hy die tender wen en ´n regeringsagent by sy huis instap om die kontrak te laat teken. En dis wanneer die k** … moeilikheid die “fan strike” … dubbel en dwars.

Dié Deon Opperman lê-soos-jy lag produksie het sy debuut by die Potchefstroom Aardklopfees gehad, en vol sale getrek.

Lewer kommentaar

Leave a Reply