Een vir my Baby is ‘n ‘mystery-noir-kabaret’. Jazz sangeres by die Ivy Club, Aila Vry, is ’n verdagte in die moord van haar man, Henkie Uiwe. Dis ‘old-school’ speurder, Jan Brandt, se taak om die saak op te los en agter die waarheid te kom, Die waarheid is nie so helder soos Vodka as Jan by die club opdaag om vir Aila te ondervra. Een drankie word vinnig ‘n paar, een liedjie word vinnig drie. Jazz standards kry ’n heerlike overhaul en stories word vinnnig gespin in hierdie rompslomp van ‘n avontuur in ’n klein kroegie wat soveel meer as net peanuts en goedkoop whiskey op die rak het.

Die produksie speel in ‘n film-noir tyd en styl af. Die dialoog so skerp soos ’n mes, maar tog so lig soos ‘n veer. In die ’2 hander’ ervaar die gehoor ‘n Afrikaans in ’n andersins nostalgiese tyd wat nooit gebeur het nie, en ‘n verleidelike trompet wat wellus, verraad en moord rustig oor ’n shot whiskey blaas.

“Lullaby van Limbo fluister sag

‘n Maan wat loer en vir ons lag

Steel nog so ‘n oomblik voor ons die bootman betaal

Hy wat kom en jou haal” – Aila Vry

Regie: Dean Balie

Tydsduur: 60 min

Teks: Niklaas Dassie

Met Karli Heine en Andre Terblanche

6 en 7 Augustus om 20h30.  Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Een vir my baby
Een vir my baby

Lewer kommentaar

Leave a Reply