Ek is Duke Vermeulen

Dis die aand van die Afrikaanse musieklegende, Duke Vermeulen se heel laaste konsert.

Ná vyf jaar se afwesigheid uit die openbare oog, is Duke egter bang. Hy vrees sy fans het hom vergeet, bang sy stem sal weer wegraak en breek soos die vorige keer en bang daar sal niemand opdaag nie.

Vanaf sy aantrekkamer tot op die verhoog stoei Duke met die duiwels van sy verlede. En dan is die oomblik van waarheid daar en Duke Vermeulen is terug …

Ek is Duke Vermeulen bied ’n skreeusnaakse en ook deernisvolle blik op die mense agter die sterre wat ons vermaak.

Met: Ben Kruger
Regie: Frans Swart
Teks: Jaco Botha
Vervaardiger: Frans Swart Lefra Produksies

Gariepfees 2013

Genre: Komedie
Prys: R100
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Datum: Saterdag 31 Augustus 15:00
Tydsduur: 75 min


Plek: Nashua Mobile Boy’s High, Kimberley

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar