‘n Fees van werkswinkels en konserte tref eersdaags die Suid-Kaap wanneer die Kunstekaap met hul uitreikingsprogram begin in George.
Die Jazzart Dance Theatre en Kaapstad se stadsballet gee op 18 en 19 Maart ‘n uitvoering in George se burgersentrum.
Die uitreikingsprogram vind plaas vanaf 16 tot 20 Maart by verskeie skole in George asook in die burgersentrum.
