Fronteras – La Rosa Spaanse Dansteater

Die Kaapse groep La Rosa Spanish Dance Theatre se driedubbele aanbieding.

Fronteras, oftewel Frontiers, is ´n samewerkingsooreenkoms tussen Carolina Rosa (Artistieke Direkteur en bekend om haar kreatiewe flair en vars benadering van elke produksie) en Maxwell Xolani Rani en is ´n vermenging van Flamenco en Afrika dansstyle en rimes.

Nolufefe Mtshabe se vars beskouing van die tradisionele Flamenco liedjie, die kombinasie van cajon en jembe ondersteun deur kitaarspeler Bienyameen op flamenco kitaar sorg vir ´n energieke uitvoering van hierdie dansvorm. Kostuums is ontwerp en vervaardig deur Phyllis Midlane.

Mtshabe is ´n voormalige hoërskool onderwyseres en dirigent van die Masiyile Hoërskool Koor. Onder haar kundigheid het die Simon Estes School Choir en die Heavenly Voices Choir die Ou Mutual/Telkom Nasionale Koorfees gewen. Sy is tans besig met haar BMus (Hons) graad en studeer sang onder die bekwame leiding van Professor Virginia Davids.

skrywer: Haydee Hollander

Lewer kommentaar

Leave a Reply