Funny Kaap kikker vanjaar se vroueweek op by die Kunstekaap teater in Kaapstad vanaf 4-6 Aug om 20:00.
Vier die lekkerte van vrouwees (dit beteken NIE die show is net vir vrouens bedoel nie – in teendeel …) saam met top komediante en sangers soos Emo Adams, sy orkes, Take Note, die vokale rondborstige diva, Sarah Theron, die grootbek met geen stopstrate Soli Philander, die Kaap se nuwe gunsteling komediant, Shimmy Isaacs, die snaakse – vreksnaakse Wayne McKay, die briljante Pedro Kruger en dit onder sweep van seremoniemeester Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck).
Jou maagspiere gaan getoets word en jou tone gaan krul van lekkerkry.
Kaartjies is slegs R120-00.