Roekeloos
19 Augustus
Elke mens het bagasie. Ek praat nou nie van die emosionele bagasie nie, (daai het ons ook) ek praat van fisiese bagasie.
Dis nie die ekstra kilo’s nie, dis die bagasie – tasse, aktetasse, rekenaarsakke, rugsakke, winkelsakke, rommelsakke, trommels, bokse, en bowenal vir vroue – handsakke.
‘n Vrou se handsak is die lap of leer wat verpersoonlik wie sy is. Wie is jy?
Met humor, warmte, oorspronklikheid en ‘n tikkie patos vermaak Langpad en Lipstieks.
Langpad en Lipstieks is vir vroue wat wonder wat in ander vrouens se handsakke en koppe aangaan … ‘n ryke reis, met ‘n reuse handsak …
‘n Vereiste vir jou toegang is dus jou tekkies vir die langpad, jou lipstiek vir selfvertroue en natuurlik … jou handsak. Binne jou handsak pak jy ietsie opskuurs of unieks, vreemd of lagwekkend waarsonder jy nie kan klaarkom nie. Ons wil dit sien en weet hoekom jy dit ronddra.
Ons wil ook vir minderbevoorregte meisies ‘n ietsie vroulik, vrolik en lekker insamel – jy kan besluit wat en ons maak ‘n jong dametjie se hartjie bly met ‘n geskenkie uit jou handsak se hart.
Daar word ook “padkos” bedien. Tekkies, lipstieks en handsakke sal nooit weer dieselfde wees nie … daarvoor sorg Lizz Meiring soos nét sy kan!
Donderdag, 28 Augustus 2014
09h00
Flamingo Casino Konferensie Fasiliteit, Kimberley
Netjies informeel of kom sommer in jou werksdrag – onthou net jou tekkies, lipstiek en natuurlik jou handsak … (met inhoud)
R150 per persoon
Kontak Bernice Sutton – 053 832 5014/7
Lewer kommentaar