Nominasies vir die Nasionale Silwerskermfeestoekennings

Die kykNET Silwerskermfees het die eerste nominasies van die jaarlikse Nasionale Silwerskermtoekenningsgeleentheid bekend gemaak.


Oudergewoonte sluit die fees af met ‘n glanstoekenningsgeleentheid en net soos die propvol program vir 2014 die groei in die Suid-Afrikaanse filmbedryf weerspieël, met nuwe kategorieë en projekte, sluit die toekenningsgeleentheid ook nuwe afdelings in.

In die eerste afdeling kom die volledige aanbod van Afrikaanse filmvrystellings vanaf 1 September 2013 – 31 Augustus 2014 in aanmerking vir die Jaarlikse Nasionale Silwerskermtoekennings.

Volgens Karen Meiring (M-Net: Direkteur van Afrikaanse Kanale) is dit ‘n baie opwindende tyd in die Suid-Afrikaanse filmbedryf; “Die passie en energie wat daar in die rolprentbedryf is, is tasbaar. Die toewyding waarmee elke film vervaardig word weerspieël beslis in die standaard wat jaar na jaar oortref word. Die fees is baie trots op die erkenning en ondersteuning wat dit tot dusvêr kon bied aan filmmakers, maar die fees is beslis meer as net ‘n platform. Die fees se hoofdoel is die uitbreiding, groei en ontwikkeling van talent in die rolprentbedryf. Baie werksgeleenthede word geskep, maar belangriker nog, skep dit die geleentheid om ons eie stories op ons eie unieke manier te vertel binne die konteks en agtergrond van die mooiste filmstel ter wêreld: Suid-Afrika.”

Die tweede afdeling van die toekenningsgeleentheid is die Amptelike Silwerskermfeestoekennings. Hierdie afdeling sluit die feesfilms in en word tydens die fees deur ‘n paneel beoordeel. Die nominasies word op Saterdag 30 Augustus 2014 bekendgemaak en sluit kategorieë in vir Beste kortfilm, Beste Feesfilm asook kykerskeuses.

Nominasies

Silwerskermfees 2014
Silwerskermfees 2014
Beste Film
Pad na jou hart
Alles wat mal is
Die windpomp
Konfetti
Die Ballade van Robbie de Wee

Beste Regisseur
• Jaco Smit (Pad na jou hart)
Darrell James Roodt (Alles wat mal is)
• Etienne Fourie (Die Windpomp)
• Zaheer Goodman-Bhyat (Konfetti)

Beste Manlike Byspeler
Marius Weyers (Pad na jou hart)
Casper de Vries (Konfetti)
Marcel van Heerden (Pad na jou hart)

Beste Vroulike Byspeler
Marga van Rooy (Die Windpomp)
Anna-Mart van der Merwe (Die ballade van Robbie de Wee)
Brümilda van Rensburg (Musiek vir die agtergrond)

Beste Manlike Akteur
Ivan Botha (Pad na jou hart)
Neil Sandilands (Die ballade van Robbie de Wee)
• Armand Greyling (Die windpomp)
Louw Venter (Konfetti)

Beste Vroulike Akteur
• Donnalee Roberts (Pad na jou hart)
Erica Wessels (Alles wat mal is)
• Anna-Mart van der Merwe (Stuur groete aan Mannetjies Roux)
• Leandie du Randt (Die windpomp)

Beste Oorspronklike musiek
• Benjamin Willem (Pad na jou hart)
Johnny de Ridder (Die windpomp)
• Bruce Retief (Khumba)

Beste Kinematografie
• Jacques Koudsdaal (Pad na jou hart)
• Trevor Brown (Die Spook van Uniondale)
• Tom Marais (Stuur groete aan Mannetjies Roux)
• Johan Prinsloo (Die Windpomp)

Beste Teks
• Donnalee Roberts & Ivan Botha (Pad na jou hart)
• Etienne Fourie (Die windpomp)
• Louw Venter (Konfetti)

Beste Redigering
• Dwaine Faria-Carrao (Pad na jou hart)
• Louis Greeff, Mario Kowars & Mario Krawits (Die windpomp)
• Zelmarie Degenaar (Konfetti)

Beste film (nie Afrikaans)
• Ian Gabriel (Four Corners)
• Andrew Mudge (Forgotten Kingdom)
• Ntshaveniwa Luruli (Elewani)
• Anthony Silverston (Khumba)
• Theo Nel, Harriet Gavshon, JP Potgieter, Mariki van der Walt, Donovan Marsh (Inumber)

Lewer kommentaar

Leave a Reply