Hierdie Bruinmense K.A.T. … sommige Josters sê Boeshies, die an’er langs Tafelberg praat van Gam se kind, maar nevermind al daai goeters – Oz ko’ vi’ julle mesmeraais, ek sê, met lekke’ kleurvolle Afrikaanse sê-goed van’ie flêts – net soos oz dit ka’ gooi, vibrant en lekke’ ge-spaais!
Gatiepie bly al sesjaar saam met Fatiema sy hou-vrou by die flêts woon. Min wiet sy dat Gatiepie ‘n sparewheel het, ‘n skelmpie genaamd, Rosie. Rosie en nog twee tjêrries gaan Skinny-dip – in hulle Evasgewaad swem – en om hulle sexy bates te bedek gaan hierdie girlies ‘n belly-button ring dra of miskien nog ‘n toe-ring ôk aansit, wie weet …
Gatiepie en sy sidekick Skinny gaan wagstaan. Om by die dam uit te kom moet hulle verby die begrafplaas kom. Daar spook dit Vrou-spoke, glo my!
As Gatiepie nie vi’ j’ou kan laat lag’ie . . . wie kan ?
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

