Twee akteurs, Tiaan en Egbert, moet begin werkaan ’n nuwe stuk, maar word op die eerste dag van repetisies deur hul teksskrywer verlaat. Nou is hulle aan hulself oorgelaat. Wat gaan hulle doen? Dinge raak rof soos wat die akteurs planne beraam om uit hul verknorsing te kom. Hulle probeer om self te skryf – met gemengde welslae én histeriese gevolge. Improvisasieidees lei ook nie tot die gewenste oplossings nie en soos wat tyd verloop, raak hul pogings al hoe meer desperaat, want “the show must go on”! In die akteurs se frenetiese poging om skeppend te wees, leer die gehoor die karakters ken en word hulle ook getrakteer op die storie agter hul stories.

MET Deon Lotz en Geon Nel TEKS Ferdinand Bekker REGIE, VERHOOG- EN PRODUKSIEBESTUURDER Gaerin Hauptfleisch VERVAARDIGER Gaerin Hauptfleisch

2 April 2023, 18:30 3 April 2023, 13:30 4 April 2023, 17:30

KKNK

Griesselsaal, Oudtshoorn

Geen teks
Geen teks

Lewer kommentaar

Leave a Reply