Grootseun 2

Barend Vos skryf al jare lank Grootseun se briewe vir Lig tydskrif, maar toe die aktrise Marion Holm dit raaklees, was daar nie keer aan haar nie: Grootseun moes verhoog toe.

In 2010 het die eerste verhoogproduksie van Grootseun die planke getref en oral in Suid-Afrika baie vreugde vir gehore gebring. Nou is daar goeie nuus: die tweede produksie van Grootseun – kompleet met splinternuwe stories – is nou op die planke.

Deon van Zyl vertolk die rol van Grootseun, Marion Holm het die teks vir die verhoog verwerk asook die regie behartig en Marietjie Rossouw is die vervaardiger en hanteer al die besprekings van Grootseun.

Gehore is dit eens: na jy Grootseun gesien het, stap jy uit met ‘n gelukkige gemoed en ‘n veerligte voetval, want jy sien weer kans vir dié wêreld waarin ons leef.

Met: Deon van Zyl
Regisseur: Marion Holm
Teks: Barend Vos
Verwerking: Marion Holm
Vervaardiger: Marietjie Rossouw

Deon van Zyl in Grootseun
Deon van Zyl in Grootseun

Grootseun is op 22 Mei by Die Boer in Durbanville om 20h30. Kaartjies kos R80. Besprekings by 021 979 1911

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Kan ek kontakbesonderhede vir die bespreking van hierdie vertoning asb.

Lewer kommentaar

Leave a Reply