Nee, hierdie is geen verwysing na die kabinet nie, dis ’n ballet vir kinders.

En wat ’n genotvolle ervaring is Humpty Dumpty and Friends nie. Jy het nie ’n kind nodig om dit te gaan kyk nie … leen een as jy dink jy gaan uit voel.

Robin van Wyk se ballet het ’n allemintige 32 bekende kleuterrympies. Alles van “Humpty Dumpty”, “Hey Diddle Diddle, the Cat and the Fiddle” en “Old MacDonald had a Farm”.

Die dansers sluit in Ivan Boonzaaier, Cleo Ames, Abigail de Waal, Amy Dean en Sasha Knott.

Humpty Dumpty and Friends is net vyf keer in die Kunstekaap in Kaapstad op die planke, van 5 tot 8 Januarie. Die tye akkommodeer die kleintjies, dis of 11h00 of 14h00.

Abigail de Waal, Amy Dean en Sasha Knott in Humpty Dumpty and Friends
Abigail de Waal, Amy Dean en Sasha Knott in Humpty Dumpty and Friends

(foto: Pat Bromilow-Downing)

Lewer kommentaar

Leave a Reply