Die Nederlandse fenomeen Herman van Veen is Januarie 2017 weer in Suid-Afrika met konserte in Kaapstad en Stellenbosch.
Van Veen is ’n innoveerder en ’n nar wat intiem met sy onderwerpe omgaan. ’n Nar wat aan ons ’n eenvoudige wêreld voorhou waar liefde, geborgenheid en vrees die alledaagse opmaak.
Edith Leerkes vergesel weer Van Veen op sy vyfde toer na Suid-Afrika, saam met Jannemien Cnossen en Kees Dijkstra.
Die eerste konsert is 14 Januarie 2017 by die Kunstekaap, gevolg deur twee by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch op 21 en 22 Januarie 2017.

