Cyphostemma juttae
Die basterkobas is ’n klein boompie. Dit het ’n massiewe stam met spreidende takke aan die bokant. Dit is eintlik mooi van lelikheid.
Die blomme verskyn vroeg in die somer en is ook niks om na te kyk nie, maar die vruggies wat later verskyn is baie mooi, eers rooi en dan pers.
Die basterkobas kom natuurlik voor in Namibië.
(foto: Andrew Massyn)