Kunstenaar Kendell Geers se jongste is tans in Goodman Gallery, In Gozi We Trust.
Dit is n woordspeling met die Nguni word vir gevaar of ongeluk, Ingozi, en Jozi (Joburg). Die stuk speel ook rond met die idee van “In God we Trust”, met subtiele verwysing na William Kentridge se geanimeerde film Johannesburg, 2nd Greatest City After Paris (1989).
Geers sê die werk is ’n mengsel van voorstedelike paranoia met die werklike gevare wat Johannesburg een van die mees sielkundig ingewikkelde stede ter wêreld maak kragtens veiligheid.