Kalbasstories

Die verbeeldingryke poppe- en storieteaterproduksie Kalbasstories (Tales from the Calabash) is al voor meer as 90 000 mense in Suid Afrika, Kanada, Engeland, Ierland, Argentinië, Mexiko en Turkye opgevoer.

Afgesien van by internasionale teater- en kinderfeeste, is dit ook verlede jaar in die Baxter Konsertsaal opgevoer. Later in Maart open Eric de Waal ook met sy grootmensproduksie Canterbury Tales (te sien by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch op 27 Februarie en 1 Maart) in die Kraine Teater in New York.

‘n Zulu en ‘n San volksverhaal is die basis van hierdie kleurvolle solo teateravontuur. Pratende kameelperde, olifante en tarentale bevolk die stories waarin die gehoor net soveel deel is van die aksie as die handpoppe, marionette, maskers, fisieke komedie en die lewendige akteur. Dis geskryf en opgevoer deur Erik de Waal en Marie Kruger, hoof van die Stellenbosch Drama Departement het die regie behartig.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Erik de Waal
Erik de Waal

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar