Die wenners van die Absa KKNK Kannas is Vrydag by Buffelsdrift net buite Oudtshoorn bekend gemaak.
1.Kanna vir die beste MANLIKE KUNSTENAAR
Nominasies: Chris Chameleon – Driekuns, Jody Abrahams – Ballade van Koos Sas en Loukmaan Adams – Ballade van Koos Sas
Wenner: Chris Chameleon
2.Kanna vir die beste VROULIKE KUNSTENAAR geborg deur Sarie
Nominasies: Antoinette Kellermann – Blou Uur, Jennie Reznek – Every year, every day I am walking en Sandra Prinsloo – Die Naaimasjien
Wenner: Sandra Prinsloo
3.Kanna vir die beste REGIE geborg deur Vodacom
Nominasies: David Kramer – Ballade van Koos Sas, Janine Neethling – Saam en Marthinus Basson – Blou Uur
Wenner: Marthinus Basson
4.Die SLURPIE KANNA vir beste OPKOMENDE KUNSTENAAR geborg deur Sanlam
Nominasies: Jaco Blomerus – Boog van die Mond, Megan-Geoffrey Prins – solis in US Simfonie orkes en Natalie Cervati – Ballade van Koos Sas
Wenner: Megan- Geoffrey Prins
5.Kanna vir die beste KKNK-DEBUUTWERK geborg deur Distell Stigting
Nominasies: Ararat, Kevin Volans vir Piano Trio 2 en Blou Uur
Wenner: Kevin Volans vir Piano Trio 2
6.Kanna vir die beste AANBIEDING geborg deur Absa
Nominasies: Amanda Strydom en Lize Beekman – Saam, Blou Uur en Ballade van Koos Sas
Wenner: Blou Uur
7.Die HERRIE KANNA GEWILDHEIDSPRYS geborg deur Absa
Wenner: Die Naaimasjien
SPESIALE KANNA’S:
1.AFRIKAANS ONBEPERK : 1. LEWENSBYDRAE: PROF J DEGENAAR geborg deur Media24
2. VERNUWENDE DENKE: REZA DE WET
2.SPESIALE KANNA vir KLASSIEKE MUSIEK: MIMI COERTSE geborg deur Bravo!