Kind Hamlet

Veertig jaar gelede speel die formidabele Cobus Rossouw ’n onvergeetlike voorlaaste Hamlet in Afrikaans. Dié rol, elke akteur se droom, word ingestudeer deur Eben Genis.

Rossouw en sy ewe begaafde aktrise-regisseursvrou, Sandra Kotzé, begelei hom deur die kronkelgange van Elsinore op sy reis van vakman tot kunstenaar.

Kind Hamlet is deels dokumentêr, deels ode; dog volkome teater.

Première.

Met Cobus Rossouw, Sandra Kotzé, Eben Genis & Ludwig Binge
Teks: Marthinus Basson
Regie en ontwerp: Marthinus Basson

Aardklop 2012

Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/13
Vervaardiger: Hugo Theart

Plek: Totiussaal, Potchefstroom
Tyd: 80 minute
Kaartjies: R100
Datums: 2 Okt. – 09:00, 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 15:00, 6 Okt. – 13:00

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar