Hierdie roerende drama deur Diane Samuels, volg die lewe van ‘n jong Joodse meisie, Eva, wat na Engeland ontsnap kort na die eerste Nazi pogrom, bekend as Kristallnacht.
Sy word ingeneem deur ‘n Engelse familie en word gou deur haar nuwe lewe en kultuur geabsorbeer. Ongelukkig kan die verlede nie vir altyd ignoreer word nie.
Die toneelstuk gee ‘n eerlike kyk na die komplekse verhouding tussen twee stelle moeders en dogters wat ontvou gedurende die vier dekades na die oorlog. Die kwessie van verlore identiteit en geskiedenis word ondersoek en gee ‘n ander perspektief op die effek van die Joodse Volksmoord, veral die verlies aan familie.
Samuels laat ‘n mens die persoonlike koste van oorlewing heroorweeg. Huidiglik in Afrika is daar op ons grense ontstellende paralelle met die opkoms van Fascisme en diktatorskap in Europa, wat weereens verantwoordelik is vir die opbreek van die lewens van ouers en kinders.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
