Tuinebaai se groenvingers is alweer weg!
Kinkel en Konkel vermoed dat dit hierdie keer die Brommels se handewerk is. Hulle pak een van hulle grootste avonture nog aan terwyl hulle die groenvingers onder die grond tussen die Brommels se plantwortels gaan soek, maar tot hulle verbasing is dit nie daar nie. Nadat hulle gaan raad vra by Agent 360, besef die Tuindwerge dat al hoe hulle die groenvingers gaan terugkry, is as hulle braaf genoeg is om na die hoogste takke van Tuinebaai te vlieg.
Met: Elizna Vermeulen en Annemarie Hattingh.
Die Boer restaurant teater in Durbanville op Saterdag 27 Junie om 13:30.
Kaartjies is R50 en beskikbaar by 021 979 1911.
