Wilma en Jasmyn is twee televisie sjefs en glanspersoonlikhede. Albei is legendes van die bedryf, maar hul sterre is aan die verskiet. In ‘n poging om hul loopbane ‘n hupstoot te gee het hul agente ‘n briljante plan, laat hul saam ‘n kookprogram aanbied. Enigste probleem, hul haat mekaar, maar hul haat hul tanende gewildheid selfs meer, so waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg en in die geval twee ystere wille, en een smalle weg. Cameron, die regisseur, is die een in die spervuur as die divas se geveinsde gemoedelikheid begin verdwyn soos die program vorder. Gaan hul program ‘n sukses wees, gaan daar ‘n program wees, of gaan iemand sneuwel in die proses?
In die rolverdeling is Susanne Beyers, Marinda Engelbrecht en Deon Lotz, met regie deur Gaerin Hauptfleisch. Die teks is deur Ferdinand Bekker.
Klinkklaar by Die Boer restaurant teater op 29 Augustus 2023 om 20:30
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

