Daar is ’n splinternuwe opera inisiatief, Oi1h.
Oi1h is kort vir “Opera in 1 hour”. Dit is ’n reeks opera-uitvoerings aangebied deur Biblioteek Produksies in samewerking met Youngblood Arts & Culture, met die ondersteuning van die Nasionale Kunsteraad.
Eerste aan die beurt in La Voix Humaine, ’n eenvrou-konsert vir sopraan gekomponeer deur Francis Poulenc. Dit is geskryf in die 50’s en is gebaseer op Jean Cocteau se toneelstuk met dieselfde naam. Die storie handel oor ’n vrou se laaste telefoongesprek met haar minnaar, wie verlief is op iemand anders.
Met: Janelle Visagie
Klavier: José Dias
Regisseur: Magdalene Minnaar
Musikale regisseur: José Dias
Video: Open Window Film Arts studente onder toesig van Pluto Panoussis.
Kaartjies: R150 by https://biblioteek.us16.list-manage.com/track/click?u=3bb3b4b28943863ccfe508af4&id=8a899ec3f9&e=8e333cfd4c
8 – 10 Maart 2018
Youngblood Galery, Kaapstad