Na meer as 80 vertoning en amper 2 jaar op die pad is die komedie Laerskool Noord weereens op die pad, maar op sy laaste rondtes.
Laerskool Noord se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT, maar in hierdie lekker lag produksie is dit alles behalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier, met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer ‘n tikkende tydbom. En boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees?
Laerskool Noord is ‘n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. Skrywer, Ilne Fourie, bekend vir haar RSG-radiodramas, kleur met haar tong-in-die-kies humor en pittige waarnemingsvermoë hierdie karakters so in dat iedereen van ons sonder twyfel een van ons oud-onderwyseresse sal herken.
Gideon Lombard, bekroonde akteur en regisseur, hou almal se varkies, en in Meneer se geval, poedels op hok.
Die produksie word geskep in samewerking met Vrystaat Kunstefees en Aardklop en NATi.
7 FEB- DROSTDY TEATER- Stellenbosch om 20:15. Kaartjies Computicket
8 FEB- HOERSKOOL SWARTLAND om – Malmesbury: Kaartjies by die skoolkantoor
9 FEB HOERSKOOL HOPEFIELD om 19:00- Kaartjies:Quicket
10 FEB KOELKAMERS TEATER- Paternoster om 17:00 Kaartjies: www.diekoelkamers.com
3,7, 8 MAART CENTURION TEATER- Bespreek: Quicket
6 MAART SPRINGS STADSTEATER- Bespreek: Computicket
6 APRIL George Arts Theatre- Bespreek: Computicket
8 APRIL Humansdorp
9 APRIL Gqeberha- Hoërskool Framesby
10 APRIL Uitenhage- Barklystraat Teater
11 APRIL Joubertina
12 April Graaff Reinet- Hoër Volkskool
13 April Beaufort-Wes