Laerskool Noord se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT, maar in hierdie lekker lag produksie is dit alles behalwe die geval.

Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede.  Tussendeur die netbal-juffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie,  Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier, met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer ‘n tikkende tydbom.  En boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees?

Laerskool Noord  is ‘n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. Skrywer, Ilne Fourie, bekend vir haar RSG-radiodramas, kleur met haar tong-in-die-kies humor en pittige waarnemingsvermoë hierdie karakters so in dat iedereen van ons sonder twyfel een van ons oud-onderwyseresse sal herken. 

Gideon Lombard, bekroonde akteur en regisseur, hou almal se varkies, en in Meneer se geval, poedels op hok. 

Die produksie word geskep in samewerking met Vrystaat Kunstefees en Aardklop en NATi. 

Met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee

Regie:  Gideon Lombard     Teks:  Ilne Fourie

(Ouderdomsbeperking van 13)

Die Toer

19 JAN          Hoërskool Swellendam- 082 731 4733

21 JAN          The Drama Factory- Somerset-Wes- https://www.thedramafactory.co.za/

22 JAN          Middagvertoning – Die Boer teater restaurant- Durbanville- bespreek- 021 979 1911/ www.dieboer.com

15-19 FEB     ATTERBURY TEATER- Pretoria

15-18 Feb om 19:00 en Sondag 19 Feb om 15:00

Vrydag 17 Feb oggendvertoning om 10:00 met verlaagde toegang

Bespreek:  https://www.seatme.co.za/

21 FEB          Gardenworld- Muldersdrift- Moet nog finaliseer

22 FEB KLERKSDORP- Hoerskool Wesvalia- TharseoTheatro- Bespreek: +27 18 468 1023/4

23 FEB BLOEMFONTEIN- Moet nog finaliseer

24 FEB JACOBSDAL- moet nog finaliseer

25 FEB          KIMBERLEY- Laerskool Newton- Bespreek 083 276 4878  /  iTicket

Lewer kommentaar

Leave a Reply