Liberocco

“It is time to shine!” Gewilde pianis, Rocco de Villiers, bring hulde aan “the king of bling”, die mees flambojante vermaaklikheidskunstenaar ooit: die pianis Liberace.

Kom sien en beleef die hele skouspel: die pels, die ringe, die candelabra, duisende notas, pittige sê-goed, asembenemende melodië en natuurlik die band. Die vertoning is in Las Vegas, maar ook in Afrika. Dit is Liberace, maar ook Liberocco.

Die musiek sluit in die “Warsaw Concerto”, “Rhapsody in Blue”, “Jealousy Tango”, “Moonlight Sonata”, “Chopsticks”, “Tango” van Scent of a Woman en vele meer diamant deurspekte melodieë!

Daar sal na die vertoning musiek van die vertoning, van Rocco se ander CD’s, skemerkelkieboeke, voorskote en T-hemde te koop beskikbaar wees.

Gariepfees / Gariep Kunstefees 2009

Rocco de Villiers as Liberocco
Rocco de Villiers as Liberocco
Diamantveld: 3 Sept om 21:00.
(SG: Geen 0 – 16 )
R80

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar