Kaartjies kos R125 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Hierdie produksie was die wenner van ‘n KKNK KANNA toekenning vir beste kinderteater en ook genomineer vir ‘n Fleur du cap en so pas ‘n Woordfees-trofee.

Die geliefde Liewe Heksie is terug!  Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar by Die Boer teater in Durbanville.  Met haar presente, ‘n bikikini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak.  Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry.  Levinia vra mooi: ”Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” 

Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die “ultimate”, nimlike Heksie en uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. ‘n Aanbieding vir die hele gesin: by vorige KKNK’s het selfs van die volwassenes gesê- dit was hul vermaaklikste produksie in jare!

Liewe Heksie en die Rolskaatse met Margit Meyer- Rödenbeck en Deon van Zyl by Die Boer restaurant teater in Durbanville op Saterdag 9 November om 14h00. Deure maak 12h00 oop vir ‘n kindervriendelike middagete.

Liewe Heksie en die Rolskaatse- fotograaf: Gys Loubser
Liewe Heksie en die Rolskaatse- fotograaf: Gys Loubser

Lewer kommentaar

Leave a Reply