Liewe Heksie en die rolskaatse

Die geliefde Liewe Heksie is terug! Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar by die Boer Teater in Durbanville.

Met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi: “Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.”

Verna Vels se immergroen verhale kry lewe met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck (alias Dowwe Dolla) is die “ultimate”, nimlike Heksie en Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf.

‘n Aanbieding vir die hele gesin: laasjaar het van die volwassenes gesê- dit was hul vermaaklikste produksie in jare!

By die Boer Restaurant Teater in Durbanville (021 979 1911 / 083 406 0111) op 23 Junie om 13:30.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Liewe Heksie en die rolskaatse
Liewe Heksie en die rolskaatse

Lewer kommentaar

Leave a Reply