Lollos 4: Oe la la, Suid-Afrika!

Lettie kom kuier vir die eerste keer op aarde!

Lollos, Minki en Disco vertel vir haar van al die wonderlike plekke en dinge wat hulle al in Suid-Afrika gesien het.

Die SAMA-wenners sing liedjies van hul splinternuwe vierde CD en kyk na al die dinge in Suid-Afrika waaroor ons gaande is: diere, mense, tale, kos, dorpe en nog vele meer.

Musiek waarna uitgesien kan word is “Die Honger Haai”, “Klim op die Wa”, “Oe-la-la Lettie”, “Die Seekoei” en dan ook ou gunstelinge soos “Spring Op!” en “Die Krokodille”.

Die vertoning bestaan uit vrolike musiek en dansbewegings en natuurlik sal daar ook altyd iets geleer word. Moet dit beslis nie misloop nie!

Sondag, 22 April by Die Boer
Besprekings: 021 979 1911 / 083 406 0111

Lollos 4
Lollos 4

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply