Mamma Mia! skop af by die Kunstekaap in Kaapstad vanaf Woensdag, 06 Maart 2024, vir ‘n beperkte seisoen en verhuis daarna na Montecasino se Teatro in Johannesburg op Vrydag, 12 April 2024.

Mamma Mia!, geskryf deur Catherine Johnson, is die betowerende verhaal van familie en vriendskap wat op ’n Griekse eilandparadys afspeel. Op die aand van haar troue nooi die dogter en toekomstige bruid Sophie drie mans uit haar ma se verlede terug na die eiland wat hulle 20 jaar gelede besoek het in die hoop om uit te vind watter een haar pa is. Dis ’n verhaal van liefde, lag en vriendskap – dit is ’n troue, dit is ’n partytjie.

Met ’n volledige Suid-Afrikaanse rolverdeling, span en orkes word die kreatiewe span gelei deur die bekroonde en nou reeds legendariese regisseur en thespian, Janice Honeyman wat saam met die choreograaf, Duane Alexander, werk; musikale regisseur Charl-Johan Lingenfelder;  assistent-regisseur Timothy le Roux; beligtingsontwerp deur Denis Hutchinson; klankontwerp deur Mark Malherbe en kostuumontwerp deur Susan Daniels. Alistair Kilbee van Gearhouse Splitbeam is die tegniese regisseur.

Kaartjies is beskikbaar by www.showtime.co.za en www.ticketmaster.co.za

Mamma Mia! 2024
Mamma Mia! 2024

Lewer kommentaar

Leave a Reply