Op Sondagmiddag, 3 Maart (Uitverkoop) en Dinsdag, 5 Maart 2024 om 20h30 sing Sonja Herholdt van haar bekende en ander immergroen liedjies in Afrikaans en Engels by Die Boer Restaurant Teater.

Op sommige van die liedjies begelei Sonja haarself op elektroniese klavier en maak ook gebruik van agtergrondmusiek. Die program duur 80 minute en het ‘n intieme nostalgiese aanslag met baiehart, hoop en humor soos net Sonja dit kan doen. Kaartjies is R200 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Sonja Herholdt

Lewer kommentaar

Leave a Reply