Man

In 1989 het Chris Chameleon sy toetrede tot die vermaaklikheidswêreld met sy selfgeskrewe eenman bedryf Boy ingelei. Die toneelstuk is by elkeen van die vele kompetisies waarvoor Chris in 1989 ingeskryf het met pryse bekroon en hy het uiteindelik weggestap met die louere by die eerste Dalro Nasionale Toneelkompetisie. Dit is daarom ironies dat hoewel Chris Chameleon sy toetrede tot die vermaaklikheidswêreld op die verhoog gemaak het, hy sedertdien nog nie een keer weer vir die verhoog toneel gespeel het nie.

Vanjaar bevind Chameleon homself dus vir die eerste keer in 24 jaar in ’n eenmanstuk op die verhoog by Innibos Kunstefees.

Man voer die verhaal van Boy verder. Ons sien wat van sy drome geword het, sy verwagtinge, sy gevoelens en hoe hy homself nou in die werklikheid van ’n veranderde wêreld bevind. Met Chameleon se gebruiklike wisseling tussen skreeusnaakse humor en hartroerende gevoel ontknoop Man in ‘n verrassende
epiloog.

innibos 2013

*Debuut*

Met: Chris Chameleon

Datum en tyd: Wo 26 Junie 18:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 19:00, Sa 29 Junie 14:00
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium, Nelspruit
Tydsduur: 60 minute

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar