Mijn Hoop

Na’n traumatiese letdown in Disneyland Kalefornië is Stephanie Badenhorst terug vir ‘n laaste poging op die Suid-Afrikaanse verhoog.

Sy het besluit om haar toe te spits op ‘n nuwe nering; die van ‘n Marikana myner. Tog kan sy nie ordentlik myn voor sy nie van haar erfenis afstand doen nie. Tydens hierdie stroping van haar identiteit kom sy te staan teen hongersnood, siektes, narkolepsielyers, ongehoorsame dwerge, lobolareste, tsotsis, begrafnispolisse en die magtige dreuning van n facebooktrol met ‘n baie bekende pa(Bles hom).

Hierdie show is gevaarlik.

Alle ingedoendes, studente, mense, oumense en dwerge is welkom.

Ouers pasop. Moenie jou telgie bring as hy of sy nie ouer as sestien is nie. Gekruide taal word soms gebesig.

Spring maar gou om te bespreek.

Onthou, dis die laaste kans om hierdie internasionale (k)aktrise op die verhoog te sien.

Met: Stephanie Badenhorst
Klavier: Lucas Heinen
Regie: Lize-Meri Smallberger

Klank en beligting: Johan de Jager

Woordfees 2013

1 Maart
18:00
Aan de Braak Teater, Stellenbosch
Tyd: 50 minute
Kaartjies: R60
Besprekings: 082 3353 105

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar