Tony-wenner John Kani is terug by die Staatsteater in die drama Missing.
Missing bring Kani terug na die verhoog; die eerste keer in amper 15 jaar. Die toneelstuk is ’n liefdesverhaal en politieke riller. Dit vertel van comrade Robert wat al amper 30 jaar by die ANC se kantore in Swede werk. Hy is getroud met die erfgenaam van ’n groot tegnologie maatskappy.
Missing is by die Staatsteater in Pretoria vanaf 1 tot 28 Junie.
Met: John Kani, Susan Danford, Buhle Ngaba & Apollo Ntshoko
Regisseur: Janice Honeyman

