Molière (regte naam Jean-Baptiste Poquelin) was ’n Franse dramaturg, akteur en digter, wat allerweë beskou word as een van die grootste skrywers in die Franse taal en wêreldliteratuur.

Hy het op 17 Februarie 1673 longbloeding opgedoen wat deur tuberkulose veroorsaak is terwyl hy die rol van ’n hipochondris vertolk het in sy eie toneelstuk Le malade imaginaire. ’n Hipochondris is iemand wat hom/haar verbeel dat hy/sy ’n ernstige kwaal het.

Hy het sy stuiptrekkings vermom as deel van sy optrede en die stuk voltooi, wat eindig met sy karakter wat dood in ’n stoel sit. Na die vertoning is hy in die stoel na sy huis gedra, waar hy gesterf het.

Molière, 1665

Lewer kommentaar

Leave a Reply