Gerard Sekoto staan bekend as “die vader van Swart kuns in Suid-Afrika”.

In 1940 het die Johannesburgse Kunsmuseum een van sy skilderye gekoop en vir die volgende 32 jaar was dit die enigste werk van ’n swart kunstenaar in hul versameling. Toe Sekoto na sy skildery wou gaan kyk, moes hy voorgee dat hy ’n skoonmaker is om in die gebou toegelaat te word.

In 1947 het Sekoto na Parys, Frankryk vertrek. Dit blyk asof hy sy kuns-ervaring wou verbreed eerder as om in politieke ballingskap te gaan, hoewel die ongeregtighede van die rasse-situasie in Suid-Afrika ’n rol gespeel het.

Sekoto het nooit weer teruggekeer na Suid-Afrika nie, hoewel sy verblyf in Parys nie altyd gelukkig was nie. Alhoewel hy aan baie groepuitstallings in Suid-Afrika deelgeneem het, het hy eers in 1989 sy regmatige plek as baanbreker ingeneem met ’n groot retrospektiewe tentoonstelling en ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Witwatersrand. Sekoto word vandag gesien as een van ons belangrikste kunstenaars en sy werk verkoop dikwels vir meer as ’n miljoen rand.

Geel huise, Gerard Sekoto

Lewer kommentaar

Leave a Reply