Baie geld vir plaaslike kunstenaars

Verskeie Suid-Afrikaanse kunswerke is Maandagaand vir rekordpryse van die hand gesit by ‘n veiling van Strauss & Kie, die swakker kunsmark ten spyt.

Hugo Naudé se “Lente in Namakwaland” het ‘n rekordbedrag van R 1 559 600 behaal.

Gerard Sekoto se “Outside the Shop” is verkoop vir R3 119 200. Dié skildery is in Oktober 1987 by ‘n veiling in Pretoria gekoop vir ‘n skamele R2 300.

‘n Bronsbeeld deur Anton van Wouw is van die hand gesit vir R 1 058 300 – dubbel die geskatte waarde.

‘n Skildery deur Irma Stern het ‘n koel R 4 456 000 behaal.

Geld rol in vir plaaslike kunstenaars se werke

Outside the shop - Gerard Sekoto
Outside the shop - Gerard Sekoto

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar