Verbeel jou: ‘n groot, kleurvolle Roulette wiel in die middel van die verhoog; die gasvrou draai die wiel en die gehoor skree: “STOP!”.

Waar die wiel stop, leer ons ‘n buitengewone/snaakse feit of twee van musieklegendes – internasionaal en plaaslik – en ons sien en hoor hulle liedjies voort leef op die verhoog, uitgevoer deur plaaslike kunstenaars: van die moderne, kontroversiéle Amy Winehouse, tot die gesoute evergreen Gé Korsten en van Zain Adam tot Brenda Fassie. Of miskien verkies jy Elvis “die pelvis” Presley teenoor Tom Jones? Wat as jy meer van ‘n Barbra Streisand aanhanger is liewer as ‘n Whitney Houston een? Moenie bekommerd wees nie. Jy sal jou “fix” kry.

Hoe jy ookal daaroor dink, musieklegendes speel ‘n belangrike rol in ons lewens. Hulle vorm tog die agtergrond van ons herinneringe.

* Debuut *

Met: o.a. Quanita Adams en Gary Naidoo

Regisseur: Rafiek Mammon

Teks: Amy Jephta en Ephraim Gordon

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R95
Plek: Artscape Teater, Kaapstad
Datum: SA. 29 APRIL 2017 (17:30 – 18:30) | SO. 30 APRIL 2017 (14:00 – 15:00)

Suidoosterfees 2017


Musieklegendes Roulette

Quanita Adams
Quanita Adams


Musieklegendes Roulette


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply