#NAF HeLa

HeLa
Roekeloos
6 Junie

Adura Onashile se hoogaangeskrewe HeLa is gebaseer op die ware verhaal van Henrietta Lacks.

In 1951 het Henrietta Lacks by die nie-blanke deel van die John Hopkins Hospitaal in Baltimore ingeloop met ‘n pyn in haar buik. ’n Biopsie het ‘n kanker onthul wat haar net enkele maande later haar lewe sou kos. ’n Monster wat sonder haar toestemming gebruik is was uiteindelik die rou materiaal vir ‘n paar van die mees belangrike wetenskaplike ontdekkings van die afgelope 100 jaar.

Die toneelstuk is geïnspireer deur die roman The Immortal Life of Henrietta Lacks deur Rebecca Skloot.

HeLa se Suid-Afrikaanse première is by die Nasionale Kunstefees na ’n suksesvolle aanbieding by die 2013 Edinburgh Festival, waar dit die wenner was van die Flying Artichoke-toekenning, Total Theatre-toekenning en die Scottish Arts Club Best Scottish Show on the Edinburgh Fringe-toekenning.

Met: Adura Onashile
Regie: Graham Eatough
Animasie & Film: Mettje Hunneman
Kostuumontwerp: Becky Minto
Beligting: Simon Wilkinson
Musiek: Daniel Krass

Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Plek: Rhodes Box-teater, Grahamstad
Datum: 8 Julie 12h00 & 17h00, 9 Julie 12h00 & 17h00
Tydsduur: 1 uur 40 minute
Kaartjies: R 65

Nasionale Kunstefees 2014

3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar