#NAF King Kong What What

King Kong What What
Roekeloos
29 Junie

Dié stuk begin met Khayelitsha Site C se amateur bokskampioen wat weier om te beweeg.

Die kampioen is nog in skok weens sy eie brutaliteit na hy sy laaste opponent hospitaal toe gestuur het met ernstige kopbeserings. Hy het beloof om nooit weer ’n tree te gee nie, ingeval hy dalk ’n mier sou beseer.

In sy drome word hy besoek deur spoke van Suid-Afrika se swart bokslegendes – Ezekiel ‘King Kong’ Dlamini, wat gestap kom uit die tronk dam waarin hy verdrink het, en Jakob ‘Dance Shoes’ Morake wat gesterf het in die ring in Sun City.

Die stuk is geskep onder mentorskap van Jaco Bouwer.

Regie: Joanna Evans
Choreograaf: Mdu Kweyama

Genre: Drama
Plek: Hangar, Grahamstad
Ouderdomsbeperking: Geen o/12 jaar
Tydsduur: 55 minute
Kaartjies: R65
Datum: 10 Julie 12h00 & 19h00, 11 Julie 21h00, 12 Julie 19h30, 13 Julie 12h00

Nasionale Kunstefees 2014

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply