Die akteur Neels van Jaarsveld is ernstig beseer op die stel van die rolprent The Bang Bang Club. Hy moes tydens ‘n opname op ‘n bewegende Caspir spring. Net toe hy spring het hy gegly en net-net die voertuig beetgekry. Hy is toe agter die voertuig aangesleep wat teen sowat 40 km/h gery het. Sy knie is in die ongeluk geskeur.
Dit was een van die laaste opnames vir The Bang Bang Club. Verfilming is nou voltooi.
Neels van Jaarsveld het bekend geword in Suid-Afrika met die “met eisj”- brandewynadvertensie.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
