Ilne Fourie (Impi en Impi 2 – wat ‘n fees!) is terug!
Hierdie nuwe solostuk handel oor die lewenservarings van ‘n supermark-kassier, Doris de Waal. Ontmoet saam met Doris nuwe mense of herken dalk ‘n paar ou kennise. Dit is ‘n lag met ‘n traan en ‘n nuwe uitkyk op die lewe vir elkeen.
Prys: R85
Teks: Ilne Fourie
Regie: Pieter Venter
Met: Ilne Fourie
Datums: Wo 13 Julie 16:30; Do 14 Julie 20:00; Sa 16 Julie 17:00
Tydsduur 65 Min