Onderweg

Onderweg, wat op die onlangse Woordfees in Stellenbosch met ´n staande ovasie begroet is, gebruik die gedigte van Elisabeth Eyebrs en ook Emily Dickinson, met wie Eyebers dikwels vergelyk word, as teks.

Die mezo-sopraan, Marica Otto, begelei deur Elna van der Merwe, sing liedere van Herman van Veen, Kurt Weil, Robert Schumann, Roelof Temmingh, Waldo Malan en Laurinda Hofmeyr. Die program, wat ook toonsettings van Eybers en Dickinson bevat, is in Afrikaans, Engels en Duits.

Onderweg is ´n vervolg op verlede jaar se Tussen die Liefde en die Leegte en bespreek die stadia van die mens se lewe – die mens as kind, die keuses, in ´n verhouding en dan die oudag oftewel afdraande, word deur musiek en poësie by aangedoen op die reis … altyd onderweg. Saam beloof die twee kunstenaars ´n opwindende en deurleefde (reis)ervaring.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply