Ontlont

Die U.S. Drama Departement bied Ontlont aan. Die produksie is deur Honneurs spelstudente onder leiding van Marthinus Basson en Antoinette Kellerman.

Ontlont handel oor verpleegsusters wat wag, wag op nuwe voorraad, nuwe pasiënte, nuwe hoop. Dit is kompleet asof die wag hulle sin en bestaansreg wegneem, hulle mense verhoudings word onderdruk en die ergste is dat niks wat hulle doen die wag kan wegvat nie. Oorlog maak almal gelyk en tyd word ‘n illusie omdat die hede so ingeweef raak met die verlede, elke bloedbelope oomblik is dieselfde, elke amputasie, elke dood, elke dag sonder voorraad.

Die teks is geskryf deur Denene Erasmus en die regie behartig deur Marthinus Basson en Antoinette Kellerman.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply