Oopmond

Oopmond is ’n woord-en-musiek happening soos min. Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: vier digters, twee musikante, ’n crazy seremoniekaptein en ’n skeidsregter. En, natuurlik, ’n pretbeluste, geïnspireerde gehoor.

Twee digters en een musikante ding as groep mee teen ’n soortgelyke span. Die digters kry ’n tema (bepaal deur die gehoor) en tien minute om ’n nuwe, impromptu gedig te skryf – wat dan direk daarna deur ’n span musikante getoonset word. Hierdie keer wil ons ook ‘n spotprenttekenaar betrek om te kyk of hulle ook onder druk kan teken.

Die uiteinde? Twee splinternuwe songs en ses nuwe gedigte. Net so, daar voor jou oë en om jou ore. Tussendeur is daar warm-onder-die-kraag-toordery met woorde en koel musiek.

Met o.a. Piet Botha, Hanru Niemand en Christine Wessels.

Die Boer, Durbanville
16 September
Kaartjies: R70
Bespreek by 021 979 1911

Lewer kommentaar

Leave a Reply