ZaZa en die kunsteNar

Ervaar die reise van ’n eksentrieke troebadoer opsoek na die antwoorde op die groot vrae van die lewe.


Die antwoord lê verskuil in die mooiste musiek van regoor die wêreld soos gesing deur die nimlike musiekmuse, ZaZa (Zanne Stapelberg).

Hierdie unieke produksie bestaan uit splinternuwe toonsettings en liedtekste uit die pen van Zanne Stapelberg en Niël Rademan, sowel as bestaande klassieke en kabaret musiek.

Die liedere in die konsert is in der waarheid kunsmusiek van die straat en die kafee. ZaZA en die kunsteNar se musiekregie word waargeneem deur die maestro Elna van der Merwe.

Met: Zanne Stapelberg (sang, saksofoon), Niël Rademan (Sang, trekklavier, klavier) en Elna van der Merwe (klavier)

Woensdag, 11 September, 2013

ZaZa en die kunsteNar
ZaZa en die kunsteNar
Die Boer
Durbanville
Kaartjies: R100
Besprekings: (021) 979-1911

Lewer kommentaar

Leave a Reply